D-dag vir DA se De Lille

Die beleërde DA burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het in aanloop tot die wantrouemosie teen haar, die eerste rondte gewen toe die hooggeregshof bevind het dat die besluit oor die stemming in die mosie, by die speaker berus. Die speaker moet nou besluit of die stemming in die mosie geheim of oop gaan wees.

Die hof het gesê dat lede die reg moet hê om volgens hulle gewete moet stem, wat in wese daarop neerkom dat die stemming wel geheim sal moet wees.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Wes-Kaap gebruik net 24% van R74,8 miljoen rampgeld om droogte- en waterkrisis in Kaapstad te takel

Die Wes-Kaapse regering moet rekenskap gee oor waarom hulle net 24% van die R74,8 miljoen wat die nasionale regering verlede jaar toegeken het om die droogte- en waterkrisis in Kaapstad te takel, tot dusver gebruik is. Dan soek Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, ook antwoorde oor hoe die DA-regeerde Kaapstad-metro ook midde-in die […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Universiteit van Stellenbosch oor kole gehaal oor taalbeleid

Die Universiteit Stellenbosch (US) het skaars sy deure vir sy nuwe eerstejaarstudente oopgemaak en reeds is daar klagtes oor sy gebruik van net Engels.

Klagtes omdat die eerstejaarsverwelkoming verlede Donderdag in Engels aangebied is en nie in Afrikaans nie, het rugbaar geword.

Volgens twee mense wat die verwelkoming bygewoon het, was die hele verwelkoming in Engels.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kaap word gevaarlik – DA-beheerde Wes-Kaapse regering onbevoegd om misdaad te bekamp

Die Kaap is nie meer die misdaadvrye gebied wat dit was nie en steeds meer gewelddadige misdaad kom voor, veral op toeriste, terwyl die DA-beheerde Wes-Kaapse regering skynbaar net so onbevoeg is om iets daaraan te doen as die ANC in die ander provinsies.

Nadat verskeie stappers die naweek op Tafelberg aangeval en ernstig beseer is, het vyf fietsryers van Stellenbosch ‘n “helse ondervinding” gehad toe twee mans hulle in die Ou Helshoogtepas aangeval het met messe en stokke.

Die polisie het vinnig gereageer en die twee mans is kort daarna gearresteer.  Die fietsryers het slegs geringe beserings opgedoen.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

EFF wil nog grond by Jonkershoek beset

Die EFF beplan steeds om voor einde Januarie gesogte grond langs die Jonkershoek-natuurreservaat in Stellenbosch te beset.

Bernard Joseph, EFF-leier in die Wes-Kaap, het Donderdag bygevoeg dat dié party van Julius Malema reeds Vrydagoggend van sy lede en ondersteuners na die geskiedkundige Meulsloot-/Lovers Lane-gebied op die studentedorp gaan neem “vir ’n piekniek sodat hulle die gebied kan sien”.

Volgens Joseph kom die stap nadat die EFF laat verlede jaar briewe aan sowel die nasionale vervolgingsgesag as die Wes-Kaapse premier, hoof van die Valke in die provinsie en die burgemeester van Stellenbosch geskryf het.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

12 hours of drama as two climbers die on Table Mountain

A team of 30 spent 12 hours on an “extremely difficult rescue” on a Table Mountain rock face‚ Wilderness Search and Rescue said on Tuesday.

Two of the three climbers who got into difficulties on Monday on Arrow Final‚ beneath the upper cableway station‚ were declared dead by paramedics lowered from a cable car. They were a man and a woman.

The only survivor‚ another woman‚ was winched into the cable car and taken to hospital. The names of the two women — both foreigners — and the man have not yet been released.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Water vir Kaapse boere uit Theewaterskloofdam gelaat

Die sluise van die Theewaterskloofdam is sedert 1 November oop en sal oop bly vir die afsienbare toekoms totdat almal wat water vir besproeiing moet kry, dit ontvang het.

Die dam verskaf die meeste van die water aan die droogte geknelde Kaapse Skiereiland waar inwoners Woensdag gehoor het hulle kan reeds so vroeg as 18 Maart toustaan vir drinkwater. Dít sal gebeur indien “inwoners nie meer water spaar nie”.

Die departement van waterwese en sanitasie het Woensdag by navraag gesê: “Besproeiers aan Riviersonderend is geregtig op hul toewysing. Die vrylatings is egter verminder tot 60% van hul toewysing.”

Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Cape Town’s water crisis: driven by politics more than drought

Cape Town is hurtling towards “Day Zero”: the day taps run dry. This is expected in mid-May, just weeks after the city’s new water supplies are due.

Cape Town is quite used to surviving dry years. Water restrictions get it through and then dams refill, thanks to the wet years that usually follow.

But this time it’s different. Never in recorded history has Cape Town encountered a drought of such severity for three consecutive years.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

DA al in 2011 gewaarsku oor waterkrisis

Die Stad Kaapstad kry vanuit opposisiegeledere behoorlik die wind van voor na sy besluit om ‘n sogenaamde droogteheffing in te stel.

Erika Botha-Rossouw, VF Plus-raadslid vir Stad Kaapstad, sê dit is onregverdig om nou deur ʼn heffing die inwoners te straf omdat hulle voldoen aan die oproep om water te bespaar, en die tyd het aangebreek dat die DA en sy Kaapstadse burgemeester Patricia de Lille opstaan en aanspreeklikheid vir die krisis aanvaar.

Botha-Rossouw sê dit druis in teen die aanvaarde beginsel dat gebruikers moet betaal vir dit wat hulle gebruik. Kapenaars moet nou betaal omdat hulle nie gebruik nie. Die VF Plus het teen die heffings gestem.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Three arrested – Cops uncover drugs laboratory in Cape Town

“Milnerton police members followed up on information they received from the community about drug activities at a house in Diluta Road, Sunset Beach, Milnerton, and arrested three suspects on drug-related charges,” Captain FC van Wyk said.

Police in Milnerton, Cape Town, following up on information received from the public, uncovered a drug manufacturing laboratory and arrested three people in the early hours of Sunday morning, Western Cape police said.

“Milnerton police members followed up on information they received from the community about drug activities at a house in Diluta Road, Sunset Beach, Milnerton, and arrested three suspects on drug-related charges,” Captain FC van Wyk said.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!