Bo en behalwe die skrikwekkende feit dat dit keer op keer bewys is, dat daar GEEN vermoë of vertroue is dat nog die SAPD nog die SANW, ons veiligheid kan of wil verseker nie, is dit ook ‘n diep gewortelde feit dat wapens deel van ons kultuur is, al vir eeue lank, en om ons van wapens te ontneem is om ons kultuur te beskadig. Gaan die ANC die Zoeloe van hul assegai ontneem?
Zoeloe Sonder Assegaai? Wapens is Eeuelank Deel van Ons Kultuur dus is Wapenontneming ‘n Aanval op ons Kultuur!
Enjoyed this post? Share it!
NVG en Valke te Sleg om hul ANC Makkers te Vervolg, Kruip weg Agter Heksejag vir Dekades oue “Misdade” van Apartheidsera!
Die land val uit mekaar uit en word oorheers deur bendes, kriminele, bedreigers en korrupte ANC kaders, wat Miljarde belastingbetalers geld in hul sak steek, en die NVG en Valke het heeltemal misluk, om enige verskil in die tsunami van misdaad te maak. Inderdaad, nie eens 56 moorde per dag in gruweldade soos plaasmoorde, verkragtings, kapings, huisbesettings, marteling, transito rooftogte waar bombe en masjien gewere gebruik word, ensovoorts, kan hul aanspoor om wet en orde toe te pas nie. Die NVG en Valke wil liewer lyf wegsteek en die ou apartheids donkie looi, om die aap agter die bos te gaan haal, om drie dekade oue “misdade” te gaan soek van die apartheids era. Hulle vergeet dat onder apartheid was die ANC verban, vir goeie rede, want ons sien elke dag die hel wat ANC se sosialisme meegebring het. ‘n Kommunis se misdaad is ‘n ander se veiligheid, en dit is die NVG en Valke se verskoning om nie hul eie makkers te agtervolg nie.
Enjoyed this post? Share it!
Bekende Boer en Seun in Plaasaanval in Tzaneen met “Outomatiese Aanvalsgeweer”!
‘n Bekende boer van die Tzaneen-omgewing en sy seun is gister middag omstreeks 17:30 op die plaas naby Deerpark aangeval. Die storie kom nog uit, maar volgens die slagoffer was die verdagte gewapen met ‘n “outomatiese aanvalsgeweer.”
Die slagoffers sê dat hy en sy seun geskok is, maar dit gaan goed onder die omstandighede. Volgens die man het hy en sy seun op hul plaas gewerk toe sy seun sy hand met ‘n elektriese slypmasjien beseer het. Hulle het na hul voertuig gehaas om na die hospitaal in Tzaneen te gaan.
Die boer het gesê dat hulle van sy plaas af na die groot pad toe gery het en ‘n man oor die grondpad sien loop het. Toe hy hulle voertuig sien aankom het, het die man in die bosse in gehardloop.
Die boer se verder, en ek haal aan: “Ons het stilgehou om te sien wat aangaan, en dit is toe die skote klap.”
Luister Hier:
Enjoyed this post? Share it!