Soos met die Nasionale Gesondheidsversekeringskema, het die Nasionale Tesourie gesê hy gaan ook voort met die stigting van ‘n staatsbank vir Suid-Afrika, en dat Cyril Ramaphosa, en die Minister van Finansies, Tito Mboweni, ten gunste van die sosialistiese doel is. Die nuwe staatsbank sal toegang tot staatspensione ook hê! Dit sal baie mense verbaas om te ontdek dat die Sentrale Bank in werklikheid in private besit is, soos dit wêreldwyd is.
Verlede week het Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, gesê die nuwe staatsbeheerde bank is deel van die ANC-president se radikale hervormings, en gerugte wil dit hê dat die lede van die komitee, wat by die saak betrokke is, die skuld gee aan die tesourie omdat hulle vertraag het en hul voete gesleep het om die saak uit te voer om die Bank te stig.
Luister Hier: