Die ondersoekdirektoraat (OD) het beslag gelê op bates ter waarde van meer as R520 miljoen wat aan die Gupta-familie behoort het, hul sakevennoot Iqbal Sharma en sy vrou, Tarina Patel.
Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê 42 van die 102 prokureursfirmas wat by die Legal Practice Council aangemeld is, weens wanbestuur van hul trustrekeninge, het nie duplikaatbetalings wat hulle van die Pad-Ongelukke-Fonds (POF) ontvang het, terugbetaal nie.
‘n Inwoner van Stellenbosch, wat altyd sonder masker sy inkopies gaan doen, is gister by Woolworths in Stellenbosch Square gestop en gevra waar is sy masker. Hy het toe vir die wag en bestuurder verduidelik dat hy nie masker dra nie en dat die hooggeregshof in Julie 2020 die regering se wetgewing onwettig verklaar het. Hy het toe die hofbevel gewys en was toegelaat om in Woolworths inkopies te doen sonder masker. Hy vertel self wat gebeur het…
Eskom het bevestig dat die hoofbestuurder van Koeberg se kernkragstasie, Velaphi Ntuli, geskors is weens kwessies rakende prestasie, terwyl ondersoek ingestel word na die uitvoering van die Koeberg-kragstasie, Eenheid 1 by Koeberg wat sedert Januarie 2021 onderbreek.
Die bejaarde ouers van Dolphin krieketspan se bestuurder was toegesluit in ‘n vangwa en selle, en gedwing om ‘n boete te betaal nadat hulle vergeet het om maskers in ‘n stil Durban Noord straat aan te sit. Die Dolphins krieketbaas, Heinrich Strydom, se ouers het nou altwee ‘n kriminele rekord nadat hulle altwee Vrydag in Durban, in ‘n vangwa gelaai is, en in ‘n vuil sel aangehou was, net omdat hulle nie hulle maskers gedra het, toe hulle gaan stap het nie.
Suid-Afrika is op pad na ‘n winter van ontevredenheid, nie net as gevolg van die swak bestuurde Covid-reaksie nie, maar dit staar nou ook fase 4 en 5 beurtkrag in die gesig, omdat infrastruktuur verbrokkel het vanweë gebrek aan onderhoud. Die energiekenner Chris Yelland, direkteur van EE Business Intelligence, het gesê beurtkrag sal hierdie winter net vererger.
Eskom het ‘n geskil met vakbonde oor betaalverhogings verklaar en die gesprekke vir ‘n onafhanklike meditasieproses by die Kommissie vir Versoeningsbemiddeling en Arbitrasie (KVBA) – SA se statutêre geskilbeslegtingsliggaam – ingestel.
‘n Paneel van wetgewers oorweeg tans om Artikel 25 van die grondwet, wat handel oor eiendomsreg, heeltemal te verander. Dit was verlede maand veronderstel om sy werk af te handel, maar het versoek om uitstel van dertig dae nadat die lede nie eensgesind was nie.