ʼn Onbekende aantal vrywilligers staan reeds die meer as 120 brandweer mense by op die toneel. Die brand wat deur ʼn leegleer veroorsaak is, sal glo nog dae lank voort woed.
Die sterk wind het die werksaamhede tot nou gekortwiek, en die helikopter wat behulpsaam moet wees, kon vir lang tye nie help om die vernietigende vlamme te blus nie.
Die vrywillige helpers is ook nie toegerus om effektief te help om vlamme te smoor nie, en brandweer personeel sukkel om teen die sterk wind hulle werk deeglik te doen.
Duisende hektaar van die park se pragtige plantegroei, is deur die vlamme vernietig. Waarnemers sê die brand kan nog tot Saterdag duur, en as die wind sterker word, kan die probleme vermeerder.
Die brandstigter is gearresteer, en om tronk toe te gaan, sal vi hom ‘n uitkoms tot blyplek bied. Want hy is tans haweloos en sonder familie.