Dit is duidelik dat die Sosialisitese ANC als in sy vermoë doen om werkgewers te ontmoedig. In ‘n poging om dié wat werk as verskoning gebruik, om nie inenting te kry nie, aan te moedig, moet Suid-Afrikaanse werkgewers nou hul werkers betaalde tyd gee om hulle teen Covid-19 te laat inent. En werknemers wat newe-effekte ervaar, kan met betaalde siekteverlof tuis bly deur hul inentingsertifikaat as bewys te lewer, sonder dat die standaard mediese sertifikaat nodig is om siektedae te eis nie.