Die South African Broadcast Corporation (SABC), die ANC se nasionale uitsaaier, het onder skoot gekom omdat hulle nie aan hul voormalige werkers betyds hul pakkette betaal het nie.
Die gerug wat deur City Press gepubliseer is, het opskudding veroorsaak, maar vakbonde wat die voormalige werknemers verteenwoordig, het glo gesê dat die pakkette vroeër in die jaar uitbetaal sou word, en wil nou die saak na die CCMA toe vat.
Die nasionale uitsaaier sê egter die betaling van pakkette aan afgedankte personeel is aan die gang en die meeste van die 600 mense het reeds hul geld ontvang.
Luister Hier: