‘n Vissersboot het Sondag in die Struisbaai-hawe, Wes-Kaap, vol water geraak en omgeslaan. Een visserman is oorlede en nog ‘n man is na die hospitaal geneem vir behandeling.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het dadelik na die boot gehaas, toe hulle uitgevind het van die voorval. Sewe vissermanne was reeds uit die water gered toe hulle op die toneel aangekom het. Ten spyte van die pogings om een van die vissermanne by te bring, was dit te vergeefs en is hy op die toneel dood verklaar.
‘n Ander visserman wat behandeling op die toneel ontvang het is per ambulans na ‘n hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geloods, en ‘n nadoodse ondersoek op die man, wat op die toneel gesterf het, sal bepaal wat die oorsaak van sy dood was.