Baie koue (sub-polêre) lug het vanaf die suidpool by SA ingetrek met ysige voorspellings, van byvoorbeeld -8°C in Vereeniging, -5°C in Johannesburg en -3°C in Pretoria. Maar dit het nie vir Eskom gestop om te besluit om vlak 2 kragonderbrekings in werking te stel nie. Gisteraand en vandag sal een van die koudste dae in die afgelope tien jaar wees met die enigste reën wat vir SA verwag word, langs die suid- en suid-oostekus en die aangrensende binneland. GEEN REËN word in enige van die ander provinsies verwag nie.