Die minister van polisie, Bheki Cele, saam met die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Thembisile Patekile en Jeremy Vearey, het die hofverskyning van die berugte sogenaamde “leier van die Kaapse onderwêreld,” Nafiz Modack en sy twee medebeskuldigdes, Jacques Cronje en Ricardo Morgan, bygewoon.
Die drie is verlede week in hegtenis geneem ná ‘n hoë spoed jaagtog, en word aangekla van sameswering om moord, poging tot moord, ontvoering en intimidasie. Twee ongelisensieerde vuurwapens is in een van die voertuie gevind.
Luister Hier: