Dit blyk asof “ander mense se geld” opgedroog het, en die sosialistiese ANC nie meer stemme kan koop met toelae nie. Woede is ontketen nadat die ANC regering die SASSA uitbetaling van R350 per maand aan werklose mense gestaak het.
SASSA het in ʼn verklaring gesê dat nuwe uitbetalings gestaak is, maar diegene wat nog nie verlede keer se uitbetaling ontvang het nie, steeds betaal sal word,
Die besluit is veroordeel deur burgerregte organisasies onder die sambreel van “Pay the Grants.” Hul woordvoerders sê al word die R350 nie meer betaal nie, is hulle mense nog steeds werkloos en hulle kan nie sonder die noodsaaklike bedrag as inkomste lewe nie.
Luister Hier: