Na die plaasaanval op ‘n gesin verlede Woensdag, tussen Paterson en Alicedale, is ‘n belonging van R250 000 uitgereik vir enige inligting wat kan help om die 5 aanvallers vas te trek.
Dit volg nadat Erica en Andri Fox, onderskeidelik 48 en 49 jaar oud, in die omgewing van 19:00 deur 5 aanvallers op 14 April, oorval is. ‘n Amerikaanse kuiergas wat by hulle aan huis was tydens die insident, het weggehardloop na ‘n nabygeleë natuurreservaat. Die egpaar se huis is geplunder en die aanvallers het gevlug met vier vuurwapens en Amerikaanse geld.
Hulp is op verskeie groepe op sosiale media platforms gevra om die aanvallers vas te trek. ‘n Lid van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (PHASA) het bekend gemaak dat hulle ‘n spesiale rekening beskikbaar het, wat bedoel is vir hierdie tipe belonings. Hierdie rekening is beskikbaar gestel aan die egpaar, sodat mense geld in hierdie rekening kan oorplaas om die fondse in te samel.
Continue reading…