Die Suid-Afrikaanse poskantoor is op pad hof toe om koeriermaatskappye te keer om pakkies van 1 kg en minder af te lewer.
In ‘n uitspraak wat laat in 2019 gelewer is, het die kommunikasie-reguleerder ICASA bevind dat PostNet die Wet op Posdienste oortree het deur sulke pakkies te vervoer en af te lewer.
As die enigste verskaffer van hierdie soort in Suid-Afrika, het die Poskantoor die uitsluitlike reg om afleweringsdienste vir alle briewe, poskaarte, drukwerk, klein pakkies en ander posartikels tot en met 1 kg af te lewer.
Luister Hier: