Asof dit nie erg genoeg was dat ons forseer was om in ons eie huise te bly nie, al sou niemand dit voor 2020 geglo het nie, blyk dit nou dat dit nie lank is voor ons eie asem gemeet en getel sal word nie! ‘n Nederlandse Bankier en professor, Barbara Baarsma van Rabobank, wil vir burgers persoonlike jaarlikse CO₂ kwotas gee! Sy het vroeër die maand die skokkende voorstel gemaak op die besigheidsbesprekingsprogram, “Zakendoen” op BNR-radio. Die voorstel is glo om in die toekoms persoonlike CO₂ emissies te begin prys, dit te gebruik om finansiële aansporings te versprei, sodat “kreatiwiteit in die ekonomie na vore kom” en dat mense so forseer word om verskillende keuses te maak. As die ver linkses alreeds die emissies van koei tel, hoe lank voor hulle die CO2 wat ons met elke asem uitstoot, begin meet? Sal dit van ons persoonlike kwota afgetrek word?
Die gesprek het ‘n sterk aanduiding gegee van hoe bankiers beplan om in die toekoms ‘n prysetiket op nog meer dinge in ons lewens te plaas. Baarsma werk vanaf 2016 by Rabobank en is sedert Maart 2021 CEO van Rabobank se “Carbon Bank.” Sy beweer so iets kan gestalte kry in ‘n koolstofbeursie, waarin burgers punte kry, en sodoende beperkte uitstoot van koolstofdioksied (=CO₂) kan behaal, maar ook die punte met ander kan verruil.
Die lawwigheid is als omdat ver linkse alarmiste beweer dat mensgemaakte (te hoë) CO₂-emmisies die klimaat verander en sodoende die aarde warm maak, so inperkings moet glo op hierdie emissies gestel word. Maar niemand kan sê wie verantwoordelik was vir die om en by 17 vorige tye toe die aarde verhit, en toe ‘n ystydperk begin het. Hulle noem ook nie dat die CO2 vier keer hoer was in die dinosaur tydperk, en dat temperature 2 keer so hoog as nou was.
Bankier Baarsma het gesê:
Maar wat as ons al die oorblywende regte sou hê wat ons nog het wanneer dit kom by die uitstoot van CO₂, CO₂-ekwivalente, kweekhuisgasse… wat as ons almal, kom ons begin in Nederland, verdeel daardie emissieregte sodat elke huishouding of burger ‘n aantal emissieregte kry? Sodat ons nie meer as ons persoonlike limiet uitstoot, as ons bymekaar tel nie. Dan kan ons dit spaar in ‘n koolstof-beursie – so kan jy dit noem, en dan kan ek, as ek wil vliegkaartjie koop byvoorbeeld, koop ek by iemand wat nie gaan vlieg nie, want hy het nie geld daarvoor nie bv. hy verkoop aan my sy koolstofvrystellingsregte en kry dus ‘n bietjie meer geld…
Barbara Baarsma is sedert 1 Maart 2021 uitvoerende hoof van Rabo Carbon Bank. Dit is ‘n nuwe sake-eenheid wat werk aan voorstelle wat kliënte uiteindelik sal toelaat om na die bank te wend, nie net vir finansiële transaksies nie, maar ook vir die koop en verkoop van koolstofkrediete. Saam met boere ontwikkel die Koolstofbank projekte vir CO2-berging in bome en die grond, en bemiddel tussen die partye wat CO2 berg, en maatskappye wat hul uitlaatgasse wil verminder of vergoed. Onder leiding van Baarsma wil Rabobank glo hierdie inisiatief versnel en uitbrei.