Die Wes-Kaapse regering moet rekenskap gee oor waarom hulle net 24% van die R74,8 miljoen wat die nasionale regering verlede jaar toegeken het om die droogte- en waterkrisis in Kaapstad te takel, tot dusver gebruik is.
Dan soek Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, ook antwoorde oor hoe die DA-regeerde Kaapstad-metro ook midde-in die waterkrisis sowat R500 000 aan ’n maatskappy van Tony Leon, voormalige DA-leier, vir ’n kommunikasiestrategie oor die waterkrisis kon betaal.
Van Rooyen het Dinsdag voor die parlement se portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake verskyn om verslag te doen oor wat sy departement tot dusver gedoen het om die droogte te hanteer.
Continue reading…