Inwoners van die Bolandse dorp, Paarl, het oor die afgelope ure mekaar behoorlik in die hare gevlieg oor een van die oudste tradisies in die dorp.
Die Paarlse Toringkerk dateer van 1875 en is die kerkgebou met die hoogste toring in die land. Onder die oud-leraars van die kerk tel ook die Taalstryder, SJ du Toit.
Die klok in die toring dui al vir die afgelope eeu elke halfuur die tyd van die dag aan en die klokgelui op ‘n Sondagoggend is een van die kenmerke van ‘n stil Bolandse dorpsoggend.
Continue reading…