Die EFF beplan steeds om voor einde Januarie gesogte grond langs die Jonkershoek-natuurreservaat in Stellenbosch te beset.
Bernard Joseph, EFF-leier in die Wes-Kaap, het Donderdag bygevoeg dat dié party van Julius Malema reeds Vrydagoggend van sy lede en ondersteuners na die geskiedkundige Meulsloot-/Lovers Lane-gebied op die studentedorp gaan neem “vir ’n piekniek sodat hulle die gebied kan sien”.
Volgens Joseph kom die stap nadat die EFF laat verlede jaar briewe aan sowel die nasionale vervolgingsgesag as die Wes-Kaapse premier, hoof van die Valke in die provinsie en die burgemeester van Stellenbosch geskryf het.
Continue reading…