Vier mans van Beaufort-Wes is vasgetrek nadat ’n vermoedelik gesteelde skaap in die kattebak van ’n motor gevind is.
Die mans is onlangs in hegtenis geneem en sou in die hof in Beaufort-Wes verskyn op ’n aanklag van veediefstal, luidens ’n polisieverklaring.
Die vier is tussen 34 en 39 jaar oud en is deur polisielede van die Sentraal-Karoo se K9-eenheid (Beaufort-Wes se honde-eenheid) by ’n padblokkade op die N1 naby Beaufort-Wes vasgetrek, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder.
Continue reading…