Stad Kaapstad in die spervuur

Tender onreëlmatighede, dissiplinêre stappe teen senior personeellede en die sluiting van ’n forensiese ondersoek is bespreek tydens ‘n spesiale raadsvergadering van die DA beheerde Kaapse Stadsraad.

Daar is gevra dat ondersoek heropen moet word rondom korrupsie bewerings teen Melissa Whitehead, die kommissaris van stedelike beplanning.

Die DA burgemeester, Patricia de Lille en raadsbestuurder Achmat Ebrahim het na bewering die forensiese ondersoek na Whitehaed se bedrywighede “gestaak”.

Die vergadering wat geslote was het opdrag gegee dat Ebrahim, Whitehead en De Lille se uitvoerende direkteur, Craig Kesson, binne sewe dae redes moet verskaf hoekom hul nie op voorkomende skorsing geplaas moet word nie.

Foto: Patricia de Lille

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment