Klink amper soos ‘n demokrasie of hoe- Would you Vote for an Independent Western Cape?

Middag Vriende/Afternoon Friends

I know many of us are English speaking and normally there are requests to translate whatever may be in Afrikaans. That’s quite a job, so I will try and mix it up and hopefully we will all be good with it.

So sit ek en kyk deur die venster na buite waar die weer lekker bymekaarmaak om bietjie te reën. En ek dink aan hoe lekker dit is om in die Kaap te woon. Ek is natuurlik bevooroordeeld aangesien ek hier gebore is en grootgeword het. Die Weskaap is uniek, of jy nou saamstem of nie.

I often wonder how it must have felt during the days of the Voortrekkers. Men and women who got quite gatvol of being told how they should live their lives and then packed up and left. What guts and determination that must have taken. To cross over mountains with a rickety wagon and be faced with challenges literally every mile along the way. Then to move into unknown territory and face enemies at every corner. To engage in battles with a voorlaaier. For those who are unfamiliar with this weapon – it was a single shot rifle which had to be loaded by pouring gun powder into the barrel and then tamper it down before being able to deliver a single shot. The women and older children helped during these battles and loaded and fought alongside the men. That took guts and the conviction that what you were fighting for was a better life on your own terms. How many of us are willing to be modern day Voortrekkers?

Klink amper soos ‘n demokrasie of hoe? In ‘n demokrasie kan ons mos ons “terme” kies van hoe ons wil leef. Dit mag dalk elders so werk, maar nie in SA nie. Ons hoor elke dag hoe sleg ons is en hoe ons moet om verskoning vra vir omtrent elke liewe ding onder die son. Hoekom aanvaar party van ons dit so gedweë? Hierdie Weskaap is ons land, waar ons mag leef soos ons verkies. Ons is tog geregtig op dit!!

So ons het nou almal van julle op die databasis (hmmm…indien jy nie wil wees nie laat weet tog asb.) en ek gaan nou nie vir die koor preek nie. Wat ek wel wil vra is dat ons almal nou as ‘n dinkskrum begin optree. Ek het nou al na vele politieke partye en organisasies geluister wat die onafhanklikheid van die Weskaap voorstaan. En daar is oral leemtes.

I am listening to what political parties and organizations are saying about independence. And I do not hear a comprehensive plan addressing all aspects. During a recent meeting I compared the current status quo to me knowing I need a car, and you giving me one without explaining how it works. Make no mistake, we seriously and urgently need independence. That we are all convinced of. If you have any doubt just look at how all laws are being corroded and new ones slipped in to make our lives as citizens more and more unbearable. Just look at the crowds we had on the “Zuma must fall” day. We know what the needs are.

Alhoewel ons weet waarheen ons wil gaan, moet ons seker maak ons weet wat om te doen wanneer ons daar kom. Op die oomblik is die Weskaap se onafhanklikheid is emosionele kwessie. Ons moet verder dink as die dag waarop ons onafhanklikheid GAAN kry. En hier is dit nodig dat enige politieke party en/of organisasie nou baie duidelik begin praat oor wat die struktuur moet wees wat in plek gesit gaan word. Ons moet tog nou al seker wees hoe die regeringstelsel gaan lyk. Tipe van wie gaan nou watter ou joppie moet doen. En omdat elke haan op sy eie mishoop sit en kraai is dit dalk nou tyd dat WKAF begin om so ‘n vraelys saam te stel en dit aan elkeen van die rolspelers voor te lê. En daar het ons julle hulp en insette nodig.

With your help and input let’s compile a list of questions, concerns or suggestions which we will submit to each organization that supports and want the independence of the Western Cape. Our voices may and must be heard. At the moment we want the independence of the Western Cape but I feel it is mostly emotion driven. Although this is not a bad thing, we need to sit back, think deep and get the homework done.

So let’s get this into three categories and we need you to fire away without reserve. The more we test the independence model the better the way forward can be negotiated.

1. What are your concerns should the Western Cape become independent?
2. What would you suggest as an independence model (e.g. federation, con-federation, canton system)?
3. In your opinion what are the positives in our favour to become independent?

Ons goeie vriend Hein Marx het ‘n verslag saamgestel oor die onafhanklikheid van die Weskaap. Indien jy dit nog nie onder oë gehad het nie laat my weet dan stuur ek dit aan. Ek dink egter ons kan drie “afdelings” vrae neerpen nl.:

1. Wat is jou kwelpunte sou ons onafhanklikheid verkry?
2. Watter onafhanklikheidsmodel stel jy voor (bv. Federasie, konfederasie, kantonstelsel)?
3. Wat beskou jy as positiewe punte wat in ons guns sal tel vir onafhanklikheid?

Ek sal vrae stel soos:

• Wat is die regeringsmodel vir ‘n onafhanklike Weskaap?
• Hoe gaan jy die interim regering verkies asook die permanente regering na die oorgangsfase?
• Hoe gaan jy dit hanteer indien die res van SA sanksies toepas teen ons?
• Wat doen jy indien alle lugdienste verbied word deur SA om in die Republiek van die Weskaap (RW) te land?
• Hoe verseker jy dat alle bates (bv. Koeberg) kosteloos oorgedra word aan die RW?
• Daar sal georkestreerde onluste wees in die RW. Hoe gaan jy dit en die algemene verdediging van die RW hanteer?
• Hoe sal die RW se geldeenheid funksioneer en sal ons op die ZAR bly?
• Wat sal jou belastingbeleid wees om te verseker groot besighede bly in die RW en om alternatiewelik besighede van elders te trek na die RW.
• Hoe sal jy ongewenste en onwettige immigrante hanteer en die RW se grense beveilig?

Ek dink ek sal hiermee volstaan en sien uit na julle insette en kommentare.

This will suffice for now – it will be great to hear your comments.

Groete/Regards

Des


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment