Kaapstad wil Metrorail-treinstelsel oorneem

Kaapstad wil die bestuur van die Metrorail-treinstelsel in die stad oorneem uit vrees dat die hele openbare vervoerstelsel, wat grootliks op treindienste staatmaak, in duie kan stort.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het op ’n mediakonferensie gesê al hoe minder pendelaars gebruik die treindienste omdat treine laat is, mense onveilig is en ten minste een uit elke tien treine per dag gekanselleer word.

Volgens Herron kan die stadsraad nie sit en wag dat die nasionale regering ingryp nie, “want die treinstelsel is ’n haarbreedte weg van ’n totale ineenstorting”.

Hy sê Kaapstad sal nie kan voortbestaan sonder ’n ten volle funksionele en doeltreffende treinstelsel nie.

’n Verslag oor die risiko vir Kaapstad as die stad die treinstelsel oorneem, sal volgende week voor die burgemeesterskomitee dien vir ’n besluit. Die besluit sal dan op 26 Oktober na die volle raadsvergadering gaan vir verdere goedkeuring.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment