Kaapse Klopse-karnavalvereniging kry geen befondsing vir beoogde Kaapstadse Straatparade

MISKIEN ’n bietjie déjà vu? Want hier gaan ons al weer.

Die stadsvaders van die Stad Kaapstad en die organiseerders van die Cape Minstrel Carnival stamp vir die soveelste keer koppe omdat die Cape Town Minstrel Carnival Association (CTMCA) ongelukkig is nadat die Stad sy aansoek om befondsing afgekeur het.

Dit volg op verlede week se launch van die beoogde Kaapstadse Straatparade (soos die ou Tweede Nuwejaarsparade nou heet) in samewerking met die Stad op 2 Januarie 2018.

Die Kaapse Klopse-karnavalvereniging het hard saam met die Stad aan die konsep gewerk.

Al die rolspelers sê hulle wil die optog inklusiewer maak, ongeag geloof.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekerheid en maatskaplike ontwikkeling, sê dit moet ’n geleentheid van wêreldklas word en genoeg corporate sponsorship trek dat die Stad nie hoef uit te haal en te wys nie.

Maar nou is die Cape Town Minstrel Carnival Association ontevrede dat die Stad nie wil geld gee nie.

Volgens EWN kan dié ding nog in die hof eindig.

Kevin Momberg van die CTMCA sê dit is nie net onregverdig van die Stad om nie geld te gee nie.

“Die ander issue is dat die Stad ook nie dié groep vir straatparades oorweeg nie. Hulle het ons aansoek afgekeur,” sê Momberg.

In Augustus het die Stad beplan om net meer as R6 miljoen te belê vir die klopse se aktiwiteite in die feestyd.

Dis nie die eerste keer dat die Stad en die CTMCA kop stamp nie.

Die CTMCA het mos in 2016 sy 36 groepe onttrek aan die amptelike Tweede Nuwejaarsviering en hul eie viering toe in die Athlone-stadion gehou.

Deur: Die Son


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment