KAAPSE DA HET GROOT PROBLEME – RAADSLID BRYNARD DRAAI HAAR RUG OP PARTY

Raadslid Carin Brynard van die DA in Kaapstad het haar rug op dié party gedraai en in die middel van haar derde termyn as Raadslid bedank. Brynard sê sy is moeg vir die nepotisme en diktatoriale manier van Patricia de Lille en die toksiese atmosfeer in die koukus. Bowenal sê sy dat sy as Christen haarself nie langer kan vereenselwig met die Demokratiese Alliansie nie.

Volgens Brynard is dit redelik algemeen dat De Lille se ou handlangers uit die dae van haar eie party, die Onafhanklike Demokrate, voorkeur kry in die bes betaalde posisies en dat DA Raadslede geforseer word om die burgemeester se wil te aanvaar. Sy noem die voorbeeld van Shaun August wat tans die DA se Hoofsweep in die Metroraad is, maar ook ‘n ou ID-man was. “Hulle (DA Raadslede) het geen seggenskap meer nie,” was Brynard se woorde.

Sy noem verder die insident in 2016 waar raadslede “opdrag” gekry het om te stem vir Clive Justus as voorsitter in die plek van die bekwame Grant Twigg. Twigg was ‘n DA lid nog voor De Lille en dié twee sit nie langs een vuur nie omdat Twigg homself gereeld uitspreek wanneer hy nie met De Lille saamstem nie. Vyf Raadslede wat nie die opdrag gehoorsaam het nie en wel vir Twigg gestem het is geskors en Justus het uiteindelik die posisie ingeneem.
Front Nasionaal het vroeg vanjaar al gewys op die feit dat De Lille in die samestelling van haar nuwe burgemeesterkomitee nie ‘n enkele blanke persoon oorweeg het nie.

Ons haal die hoed af vir Raadslid Brynard wat haar beginsels bo politieke gewin gestel het en die kiesers daarop wys dat die D.A. beslis nie meer ‘n opsie is nie – trouens, die beweringe teen De Lille klink maar dieselfde as waarmee die ANC se soustreinryers besig is.

Deur:Daniel Lötter/Front Nasionaal SA


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment