Kaap ontsoutingsproses verloop nie vlot

Kaapstad sal hul eerste ontsoutingsaanleg gereed hê net voordat damme in die stad gaan opdroog.

Dit aldus Xanthea Limberg van die stad se burgemeesterskomitee rakende water en energie sake.

Verbruikers sal egter moet saamleef daarmee dat water nie meer ‘n goedkoop kommoditeit gaan wees nie.

Die skielike bekendmaking dat die ontsoutingsaanleg binnekort gereed gaan wees, volg op berigte dat kontrakteurs wat getender het, onttrek het van die proses nadat die stadsraad, onder leiding van Patricia de Lille van die DA, gesloer het met die proses en nuwe tenders wou aanvra.

Kontrakteurs sê hulle het baie moeite gedoen met die tenders en dat dit hulle baie gekos het, en nou word doelpale verskuif en tydsraamwerke eensydig en onrealisties aangepas.

Hulle sê dat die vertragings wat nou voorgekom het, daartoe gaan lei dat geen aanleg teen April volgende jaar in produksie sal kan wees nie. Teen daardie tyd is die damme reeds dolleeg, mits dit voor die tyd reën.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment