Hoe sal dit wees as die EFF in die Swartland Munisipaliteit ingestem word? Vra Cape Party

Julius Malema, EFF-leier, het laas Saterdag tydens die bekendstelling van die party se verkiesinsgmanifes die EFF tot ’n paar goed verbind wat ’n blik bied op die EFF en die radikale vegters se planne.
 
Hy het gese waar die EFF regeer sal alle openbare spasies gedekolonialiseer word.
 
Dekolonisasie verwys na die afbreek van alles wat werk en van alles wat u ken as n inwoner van die Kaap maak nie saak watter kleur u is nie.
 
As alles westers dan af gebreek is, WAT dan?
 
Waarmee vervang die EFF dit dan?
 
‘n Paar goeie voorbeelde van dekolonisasie in Africa is lande soos Zimbabwe, Ethiopia, Libya, Sudan, Congo, Somalia, Nigeria en Rwanda ek dink die feite hier spreek vir hulle self.
 
Dekolonisasie het homself al elke keer 100% van die tyd, waar dit plaas gevind het bewys as die verkeerde pad om te stap en het elke keer nog na elende en groter verwoesting en onderdruking gelei as wat enige Suid Afrikaner ken, ja selfs groter as apartheid.
 
Waarna gaan die EFF dan dekolonialiseer?
 
Op wattse ander land wat gedekolonialiseer was se voorbeel gaan hulle dan ons land se toekoms dan basseer?
 
Zimbabwe? Miskien Ethiopia? Of dalk Somalia?
 
Die EFF se duidelik dat hulle n sosialistiese staat of sosialistiese republiek dan wil inbring.
 
Wat beteken dit om n sosialistiese staat te wees?
 
Dit beteken hulle will n kommunistse staat he.
 
Binne n kommunistse of sosialistiese staat is daar net n enkele party wat in beheer is, en gewoonlik ook net een enkele leier vir sy hele lewe en dalk sy kinders sin ook.
 
Vandag is daar net nog vyf kommunistiese lande oor in die wêreld die ander het amal geval, nie een van hulle doen baie goed nie.
 
Nie een van hulle se mense het baie regte nie, North Korea is n goeie voorbeeld van n land onder die kommunistse of sosialistiese staat idee wat die EFF will inbring.
 
Dit is ook ironies dat die EFF se leier die ideolgie navolg, want dit is heeltemal teenstrydig met sy luukse lewewstyl en liefde vir materialistiese dinge?
 
Wat ek sien sal gebeur as die EFF in beheer is sal amal soos brandarm skape teen n minimale betalling werk want amal moet dan gelyk wees en niemand behalwe die leier kan ryk wees nie in n kommunistiese land nie .
 
En dan sal ons net een groot ryk diktator he, terwyl ons amal brandarm is sonder enige regte net soos in Libya, Zimbabwe en in North Korea.
 
Die EFF se ideologie kan net werk as dit ekonomiese demokrasie en self- bestuur onderdruk.
 
Wat die EFF se ideologie nie verskaf nie, is persoonlike vryheid.
 
So as jy EFF stem stem jy teen jou eie persoonlike vryheid en teen jou vryheid van spraak en teen jou reg om ryk te word en teen jou reg om vir jouself te besluit.
 
Sosialisme per definisie vereis ‘n baie hoë belastingkoers , ten einde sy baie welsyn programme te finansier .
 
Vir ‘n sosialisme ekonomiese stelsel om te bestaan saam met ‘n politieke demokrasie is onmoontlik .
 
So as jy EFF stem, stem jy teen politieke demokrasie en vir onderdrukking van ekonomiese demokrasie en self- bestuur.
 
Die individu se vermoë om te kies is uitgeskakel in ‘n sosialistiese stelsel.
 
In ‘n sosialistiese stelsel , beheer die regering die ekonomie , die individu en alles anders ook.
 
Die EFF is die grooste gevaar vir die land en al sy burgers van alle kleure wat ons nog ooit gehad het.
 
Die EFF belowe onbereikbare goed, dit belowe ongekende geweld dit belowe armoede dit belowe n diktator, dit belowe hongersnood,dit belowe rassehaat, dit belowe waansingheid.
 
Die EFF belowe onderdruking soos u nog nooit ervaar het nie.
 
Laat staan die EFF dit gaan ons in die donker gat van hel invat vanwaar daar geen uitkoms is nie.
1919642_911703718856894_4909840390563901663_n
 
Aan die ander kan bied die Cape party u ‘n voorspoedige , vrye en onafhanklike land met wette en beleide wat ons burgers nie op hul velkleur , maar op hul morele waardes oordeel ,en hulle op hulle werksetiek en die inhoud van hul karakter behandel.
 
Die Cape party sal u tradisies, geskiedenis en menswees nie net erken en respekteer nie maar ook help bewaar, opbou en beskerm.
 
Nog verder wil die EFF wil hê dat wit mense moet in Suid-Afrika bly, het Malema in sy toespraak gesê maar hy se ook;
 
GRONDHERVORMING SONDER VERGOEDING IS EGTER EEN VAN DIE EFF SE SEWE PILARE WAAROP HUL BELEID GESKOEI IS EN DIT IS ONONDERHANDELBAAR – DIT SAL GEBEUR EN DIE GROND SAL VERDEEL WORD.
 
En waar sal die wit mense en hulle arbieders dan bly en werk?
 
Kan ons aanneem dan die wit mense hulle plase vir die swart mense sommer net so sonder n burgeroorlog wat die land in skerwe en sonder kos sal los sal oorgee?
 
As die plase dan nou well oorgevat is, wie gaan ons dan kos gee?
 
Wie gaan ons dan werk gee?
 
‘n Klein plot verskaf nie die volk van voedsel nie , net groot kommersiële plase kan dit doen.
 
Om kos op groot skaal te produseer gebeur nie oornag nie meeste van die boere wat dit doen kan dit doen want hulle het generasies van kennis opgedoen en die implemente en die infrastruktuur , die alles kom nie binne n week bymekaar nie
 
Dis nie sommer net hier is n stuk grond vir jou nie dan gaan jy ryk word nie.
 
Boerdery is nie vir enige ou nie en dit is defnitief nie vir sissies nie.
 
Om grond te he gaan nie jou lewe beter maak nie jy moet dit kan bewerk om dit te bewerk moet jy kennis, geld, odersteuning, arbeiders en moed he.
 
Om n lewe uit grond te maak moet jy grootskaal boer en dit is feitlik onmoontlik om in vandag se omstandighede so iets uit die grond te kan bereik.
 
Kom ons ontleed die belofte van grondhervorming so n bietie.
 
Ons populasie staan vandag op 54,898,694 milljoen mense.
 
Ons grond oppervlakte is 1,221,037 km2
 
Van die 1,221,037 km2 kan net 12 % gebruik word vir die produksie van gewasse.
 
Dit is dus 146 524 km2 wat gebruik kan word.
 
Hoe gaan jy 146 524 km2 verdeel tussen 54,898,694 milljoen mense?
 
Dit gee elke person 0.002 km2
 
100 hectars gaan in 1 km2
 
0.002km2 is dus 0.2 hectar
 
0.02 hectar is dus 20 m2
 
So die EFF belowe u dus 20 m2
 
Dit is net bietjie verder as wat n goeie atleet kan spring.
 
Jy kan nie ‘n huis daarop bou nie, miskien ‘n baie klein hokkie.
 
Jy kan niks winsgewend doen op so ‘n stukkie grond nie.
 
So n stukkie grond gaan u nie ryk maak nie en dit gaan u ook nie onderhou nie.
 
Ek weet nie van u nie maar vir my lyk nie nie na n belofte wat nagekom kan word of kan werk nie.
 
Ek is ook nie seker of die beleid al die witmense se privaat huise ook insluit nie, ek hoop nie so nie want dan weet julle mos wat gaan gebeur.
 
Die idee sal ons amal laat dood gaan van die honger.
 
Die idee sal ons land vernietiging want geen boer gaan sy grond verniet in n werkende toestand sommer net wegee nie.
 
Sal jy jou grond net laat vat of enige iets anders waaraan jy jou hele lewe toegewei het?
 
Ons by Cape party sal eerder die bestaande boere help om beter te doen om meer kos te produseer en meer werke te skep.
 
Daar is genoeg wette in plek wat die slegte boer kan straf as hy eimand se arbeids regte oorskry.
 
Die feit is ons is nie amal boere nie en om
met ons kos vooraad verskawing in te meng is soos om jou kaal hand in n byenes in te steek dit kan net nie goed eindig nie.
 
Daar is baie ander redelike alternatiewe as om die gevaarlike roete van die EFF te vat.
 
Die Cape Party sal n program in die lewe roep om voornemende boere te help met opleiding en alle bystand wat nodig is om hulle te laat staan as volwaardige boere wat kan voedseel verskaf aan die mark en ook meer werksgeleenhede kan skep.
 
Die Cape party gaan ook alle steun aan die bestaande boere gee om sterker te staan om meer voedsel te produseer teen goedkoper pryse en meer werks geleenthede te skep en om hulle arbeiders regverdig en binne die wet te behandel.
 
Grondhervorming is teen ons Konstitusie en n mens kan nie inmeng met dinge wat werk nie, veral as jou voedselvooraad daarvan afhang nie.
 
As jy wil boer sal die Cape party dit moontlik maak vir u sonder om van n ander person te steel, of om ons land te verwoes.
 
Nou se u dalk ek sal DA stem want hulle gaan dit stop.
 
Voor jy dan besluit om vir die nuwe DA jou stem te gee want hulle sal Grondhervorming teenstaan weet asseblief dat die nuwe DA se partyleier Mmusi Maimane op 7 Maart 2016 gese het dat die nuwe DA sal die grondhervormingsproses in Suid-Afrika bespoedig waar hulle aan bewind kom.
 
Stem teen hongersnood.
 
Stem teen armmoede.
 
Stem teen geweld.
 
Stem vir Cape Party

Enjoyed this post? Share it!

 

One thought on “Hoe sal dit wees as die EFF in die Swartland Munisipaliteit ingestem word? Vra Cape Party

Leave a comment