Die geskiedenis van die Kaap word alweer verdraai en verkonkel in pas vrygestelde rolprent “Krotoa”

Die rolprent “Krotoa” wat pas vrygestel is en wat handel oor die Khoi-meisie Krotoa (Eva), is besig om opslae te maak. Nie vanweë die artistieke kwaliteit nie, helaas, maar vanweë die feit dat die geskiedenis alweer verdraai en verkonkel word om die eietydse interpretasie te dien en die Europese nedersetting aan die Kaap so boos as moontlik uit te beeld.

Op “Morning Live” vanoggend is daar selfs verwys na Krotoa as ‘n Khoisan “prinses” wat op 11 jarige ouderdom deur Van Riebeeck weggevoer, verkrag en tot slavin gemaak is. Watter absolute onaanvaarbare en moedswillige nonsens! Kom ons kyk wat weet ons werklik van “prinses Krotoa”.

Krotoa was ‘n susterskind van die strandloper Autshumao. Wanneer daar verwys word na die “hoofman” of “kaptein” Autshumao, is dit ook nie korrek nie. Die strandlopers was die uitskot van die Khoi samelewing wat geen vee besit het of enige werk gedoen het nie. Hulle het letterlik al op die strand gedwaal, skulpvis opgetel en van seewiere en opdrifsel geleef. Die strandlopers was die uitgestotenes van die Goringhaicona. Rondom 1630 doen ‘n Engelse skip Tafelbaai aan vir vars water en daar laai hulle Autshumao op die skip, noem hom Harry, en neem hom saam na Bantam in die Ooste. In 1631 word hy op sy terugvaart weer aan die Kaap gelos, met die vaardigheid om ‘n paar woorde in Engels en Hollands te praat. Autshumao was geen leier of opperhoof nie en Krotoa was geen prinses nie. Hulle was die aasoptellers van die Khoi-samelewing.

En dit is wat Van Riebeeck in Tafelbaai aantref in April 1652.
Krotoa is rondom 1643 gebore. Een van haar susters trou wel met ‘n Khoi hoofman – Damon. Sy was omtrent 10 jaar oud toe sy saam met haar oom Harry by die fort aankom. Sy was bepaald ‘n slim kind, want sy raak die Nederlandse taal relatief vinnig baas. Die lekkerte van materiaal en krale en spieëls en blinkers lok haar na die huishouding van Van Riebeeck, waar Maria te dankbaar is om ‘n tolk in die huishouding te hê.

Dit is in hierdie periode dat, volgens die kommentators oor die rolprent, Van Riebeeck homself aan die Khoisan meisiekind sou vergryp het. Hoe hy dit moes regkry in ‘n hout-en-modder fort waar hy en sy vrou slegs twee vertrekke bewoon het sonder dat iemand daarvan weet, weet nugter alleen. Die feit dat die seuntjie, Abraham van Riebeeck, op 18 Oktober 1653 aan die Kaap gebore is, is beslis aanduidend daarvan dat daar niks geskort het met die fisiese in die Van Riebeeck-huwelik nie. Om Jan van Riebeeck ter wille van liberale propaganda nou valslik tot kindermolesteerder en verkragter te probeer maak, is veragtelik om die minste te sê.

Krotoa het ook op geen stadium probeer wegvlug van die verskriklike behandeling wat sy kwansuis sou ontvang het nie. Inderdaad was dit vir haar so lekker by die Fort, dat haar swaer, Doman, teenoor haar gesê het: “Ek is ‘n Hottentot en nie ‘n Hollander nie, maar jy, Krotoa, wil net gedurig by die Hollanders na jou eie voorspoed soek!” Tot watter mate Krotoa haarself tuis gemaak het onder die skrikwekkende Hollanders wat haar so misbruik het, blyk uit die feit dat sy aanbeveel dat haar oom Autshumao/Herrie na Robbeneiland verban word omdat hy nie betroubaar is nie. Dit word gedoen en in ‘n poging om te ontsnap verdrink Herrie. Sy verraai haar eie familie in selfbelang!

Is Krotoa dus teen haar sin by die Fort aangehou? Hoegenaamd nie. Male sonder tal trek sy haar rokke uit, hang haar velletjies en krale om en verdwyn vir lang periodes na haar eie mense toe. In die jaar van Van Riebeeck se vertrek, toe sy 19 jaar oud is, word sy op eie versoek gedoop en kry die naam “Eva”.

Van Riebeeck se opvolger, Zacharias Wagenaer, sien onmiddellik deur haar. Hy vertrou haar geensins en in 1664 gee hy toestemming dat sy in die huwelik tree met die Deense soldaat, Pieter van Meerhoff. Dit is die eerste huwelik aan die Kaap tussen ‘n Europeër en ‘n Khoisan. Uit hierdie huwelik is drie kinders gebore, die derde een op Robben Eiland waar Van Meerhoff die eilandwagter is. Na alle waarskynlikheid was dit Wagenaer se idee dat Van Meerhoff met haar op die eiland loop sit waar sy nie verdere probleme kan veroorsaak nie.

En nou kom daar ‘n interessante vraagstuk na vore. Dit is welbekend dat Eva haar na Van Meerhoff se dood, tydens ‘n ekspedisie in 1668, tot prostitusie gewend het. Haar jongste drie kinders word egter aangedui as Van Meerhoff s’n. Sou dit derhalwe beteken dat sy selfs VOOR haar huwelik haarself as prostituut aan verbyvarende matrose verkoop het of waar sou die ander twee kinders vandaan gekom het? Ons weet ook dat twee van haar kinders beskryf is as “Khoisan” terwyl die ander die meer blank gelyk het. Verre daarvan dat Eva dus tot seksuele misbruik gedwing is, is dit welbekend dat sy ‘n opperste los vrou was wat haar na Van Meerhoff se dood dikwels so dronk gedrink het, dat sy in die strate omgeval en in die stof gelê en slaap het. Vir ‘n paar bekers arak het sy met enige rondlopermatroos onder die karos ingekruip. By ‘n ete aan huis van Kommandeur Wagenaer (waar sy ten spyte van haar swak gedrag nog steeds toegelaat is om aan tafel te sit en bedien te word) gedra sy haar so sleg dat die Kommandeur haar waarsku dat sy gestraf sal word.

Daarop laat staan sy haar kinders netso en loop vir maande weg na haar eie mense toe terwyl die Hollanders in die Fort na haar kinders moet omsien. Uiteindelik is sy so ‘n groot probleem dat haar kinders weggeneem word en sy word verban na Robben Eiland waar sy op 29 Julie 1674 op die ouderdom van 31 sterf. Sy word in die kerk van die Kasteel de Goede Hoop begrawe.

Na haar dood skryf die Kompanjie se registerhouer ‘n paragraaf wat duidelik aandui wat die gevoel aan die Kaap oor haar was: “Saam met die honde het sy na haar eie braaksel teruggekruip,” skryf hy. “Dit wys ons dat die ingebore aard, ongeag hoe deeglik dit bedek word met aangeleerde morele beginsels, ten slotte altyd terugkeer na sy natuurlike staat.”

Krotoa/Eva was allermins die onskuldige slagoffertjie van die wrede kolonialiste. Sy was ‘n opportunis wat die voordele van die Europese nedersetting wou geniet, maar nie die verantwoordelikhede daarvan wou aanvaar nie. Sonder skroom het sy haar eie mense in haar eie belang verraai en verkul waar dit haar gepas het en in stede daarvan om die geleenthede wat sy gehad het te gebruik as enigste persoon aan die Kaap wat met almal kon kommunikeer, het sy haarself as onmisbaar begin beskou en daardeur haarself so oorbodig gemaak dat sy ‘n verleentheid geword het.

In daardie opsig sien ons presies dieselfde gedrag by ‘n meerderheid van Suid-Afrikaanse “voorheen benadeeldes” vandag.

Krotoa/Eva se drie kinders by Van Meerhoff is later na Mauritius gestuur saam met die banneling Bart Borms. Haar dogter, Pieternella, is daar getroud met Daniel Zaayman, die kuiper. Hulle het teruggekeer na die Kaap en naby Stellenbosch gaan woon. Uit hulle spruit die Saaiman/Saayman/Zaayman families van Suid-Afrika.

Daar is geen rekord wat van die ander geword het nie,

Deur: Daniël Lötter/ Front Nasionaal Suid-Afrika

eva  eva 2


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment