Die Federale Kaap

Op Saterdag, 23 Mei 2015, het verskeie uitgenooide groepe en mense wat die blanke, bruin en Khoi bevolkings verteenwoordig, ‘n vergadering bygewoon te Montagu, in die Weskaap.

Die vergadering was die amptelike uitvloeisel van baie gesprekke rondom die onafhanklikheid van die Weskaap deur organiseerder en inisieerder Hein Marx. Peter Marais is as Voorsitter namens die Bruin Volke verkies en Hein Marx as Voorsitter namens die Blanke Volk. Hierdie vergadering was verteenwoordigend bygewoon deur Blankes, Bruin mense en Khoi groeperinge en vele ander. Groepe soos Weskaapse Aksie Forum wat van hul ontstaan af, die onafhanklikheid van die Weskaap voorstaan, was uitgenooi.

Al die groeperings was daar. Koi/San Griekwa, Korana en Nama en al die leiers waarmee Hein al die afgelope jaar mee gesels. Hulle is ontsettend opgewonde oor hierdie samewerking. Hulle besef ook die waarde in ‘n magsblok met die blankes wie dieselfde taal, kultuur en geloof deel.
Daar was 45 persone in totaal, wie almal in eenheid saamgestem het oor wat die doelwitte moet wees en hoekom hulle daarby moet uitkom.

Soos almal weet is ons getalle in die Weskaap van so ‘n aard dat die Blankes (18%) en Bruin mense (50%), vir nou, nog saam die meerderheid vorm. Hierdie getalle is vanuit die laaste sensus. Sou ons dit vergelyk met die getalle in 1994, sal ons sien dat ons baie vinnig verminder – in 1994 was die Blankes (22%) en Bruin mense ( 56%). So, die tyd is min en aksie vinnig nodig.

Die konsep vir selfbeskikking is om ‘n federale of konfederale bestel in plek te kry. Hieroor sal daar later meer uitgewei word. Die motivering vir selfbeskikking is gesetel in die Akkoord van 1994, wat deur Generaal Constance Viljoen geteken is, asook Artikels 235 en 185 van die SA grondwet. Volgens hierdie, asook internasionale reg, mag ons selfbeskikking eis op grond van etnisiteit, taal, kultuur en geloof. In ‘n onafhanklike Weskaap sal die verskillende groeperinge (Blank, Bruin, Khoi, ens) regeer oor sake van eie belang.

Ons sien reeds hoe ons taal elke dag beduidend afgekraak en beperk word. Ons hoor toenemend van Wit en Bruin kinders wie op hulle eerste universiteitsjaar Afrikaanse onderrig ontvang, maar dan van die 2de jaar af moet voortgaan in Engels. Hoe regverdig is dit?
In ons eie woongebiede en omgewing moet ons gedurig hoor hoe die plaaslike regering niks kan doen oor dit en dat nie, want dit is iets wat sorteer onder die nasionale regering. Dan is dit mos tyd om oor ons eie sake te besluit!!. Ons ontken nie die bestaansreg van ander kulture en volke nie, ons wil net ons eie ding doen in die Weskaap, want ons is anders, soos Mnr. Peter Marais, wat ook bygewoon het, dit gestel het.

Daar word baie maal gevra hoe sal ‘n onafhanklike Weskaap ekonomies oorleef. Wel, ‘n interessante feit is dat, van ons totale bydra tot die BBP (Bruto Binnelandse Produk), ons omtrent net 20% terugkry in die Weskaap. Die res verdwyn in die bodemlose put wat die staatsmasjinerie aan die gang moet hou. Ons sit met lughawens, toerisme, ens wat ons ‘n baie gesogte handelsvennoot maak. Ons het die onbenutte potensiaal onder werklose Blankes en Bruin mense om weer produktief deelname aan ‘n eie ekonomie in werking te stel.
Om die beginsel van selfbeskikking in perspektief te verstaan is dit nodig om te gaan kyk hoe dit moontlik gemaak is. Na die Anglo Boereoorlog het daar ‘n verdeeldheid onder ons mense gekom, en dit is verder vererger deur die Botha/Smuts era. De Klerk het in latere jare totale oorgang voorgestaan en vir party persone was dit die lui van ‘n doodsklok. Na die era van ons eie bosoorlog, het ons ‘n tyd ingegaan waar daar ‘n totale gebrek was aan ‘n politieke oplossing.

Een van die persone wie besef het dat daar ernstig vasgeskop moet word vir die voortbestaan van ons Volk, was Gen. Viljoen. In sy rol onder die Afrikaner Volksfront (AVF) het Gen. Vljoen die selfbeskikking doelwit gedryf en gedreig om die verkiesing van 1994 te ontwrig sou daar nie na hom geluister word nie. Die AVF het later die Vryheidsfront geword. Na vele besprekinge, en onder andere die uitloop van die Concerned SA Group uit die Kemptonpark onderhandelinge, het die ANC onderneem om selfbeskikking in die grondwet op te neem sou ten minste 35% van die mense daarvoor stem.

Die idee het toe 37.5% (640 000) stemme gekry en die Artikels soos ons dit vandag ken, is ingeskryf. Ons dankbaarheid vandag moet gaan aan Gen. Viljoen en die Vryheidsfront Plus, sonder wie ons vandag nie eers oor selfbeskikking sou kon gepraat het nie.

Die besluite van Saterdag, wat vervat is in ‘n memorandum, sal binne die volgende twee weke uitgereik word as ‘n mediaverklaring. Daarna sal ons publieke vergaderings hou en ‘n groot bewustheidsveldtog begin. Dit is nodig om die publiek te laat verstaan dat die strewe na selfbeskikking en onafhanklikheid niks met politiek te doen het nie. Dit het wel alles te doen met ons eie ekonomiese en kulturele oorlewing.

Laat ons hande vat met mekaar en ons Bruin en Khoi vriende, en hierdie pad loop, wat met tye rof sal wees, maar uiteindelik die doel sal bereik om vir ons kinders en kleinkinders ‘n beter lewe te verseker.

 

hollands1

 

 

Bruines in Kaap smag na ‘federale staat’

Sondag 12 Oktober 2014 00:10

​’n Groter bewustheid groei onder bruin mense oor hul herkoms en politieke regte en hulle wil ’n semi-onafhanklike Wes-Kaap as federale staat hê.

So het Peter Marais, voormalige Wes-Kaapse premier en oud-burgemeester van Kaapstad, gister in ’n toespraak by die Maynardville-jeugfees in Wynberg, Kaapstad, gesê.

Hy het in sy hoedanigheid as onderleier van die Bruin Be­lange Beweging (BBB) gesê die opkoms van bruin nasionalisme is aangewakker deur die verslag van die Verenigde Nasies se gesant oor inheemse volke in Suid-Afrika in 2005 “wat ons as Eerste Nasie verklaar het”.

“Nou is die bruin man besig om aanspraak te maak op ’n eie grondgebied in die land, op die basis van ’n outonome federale staat soos aangedui in artikel 235 in die Grondwet”.

Peter Marais

​“Konsolideer jou getalle, streef om mag te bekom en dra jou Afrika-herkoms op jou voorkop, is die nuwe kreet op die Kaapse Vlakte.

“Dis ons paspoort na rykdom en mag en dit word daar orals vertel.”

Hy sê federalisme sal getalle-oorwig beperk tot provinsiale grense en aan minderhede groter politieke en ekonomiese mag verleen binne ’n grondgebied, sonder om die mal idee op te saal van ’n onafhanklike volkstaat gegrond op velkleur.

Die Wes-Kaap is meer as 51% bruin en 80% Afrikaans.

Marais sê vir dié provinsie sal dit onder meer groter outonomiteit ten opsigte van Afrikaans as taal van kommunikasie en as vakkeuse by skole en universiteite beteken.

Hy sê Suid-Afrika is reeds in ’n mate ’n federale staat, maar te veel mag en gesag berus by die sentrale parlement om dit ’n klassieke federale staat te maak.

“As die ANC bereid is om geringe grondwetlike aanpassings te maak en om die aspirasies van minderhede te akkommodeer, kan ons ’n vrye, semi-onafhanklike Kaapprovinsie hê.

“Ons provinsies is grondwetlik te swak. Ons is afhanklik van die sentrale parlement vir 95% van ons begroting. Daarby subsidieer die Wes-Kaap ander provinsies. Ons provinsiale begrotingstoekenning is ’n klein deel van ons bydrae tot die land se BBP.”

Heindrich Wyngaard, kommentator oor bruin kwessies, bestempel Marais se sienings as interessant.

“Dit spreek van ’n versugting by ’n groot deel van die bruin mense oor erkenning.”

Enjoyed this post? Share it!

 

One thought on “Die Federale Kaap

  1. Die unieke Afrikaner Volk sal intérne selfbeskikking in terme van die grondwet op eis. Die darstellung van die handves van menseregte en konsép wetgewing, soos deur die grondwet voorgeskryf, sal binne afzienbare tyd deur die Nasionale Burgerregte Raad (NBR) voltooi word. Intérne selfbeskikking vir groeperings, in terme van die grondwet van die RSA, wat dit wil op eis is lank al nie meer ‘n droom nie.

    Die slegte verhouding met die onderskeie groeperingen word gehandhaaf omrede die kwasi diktatorskap nie wil toestem tot beduidende magte vir die onderskeie groeperings volgens die grondwet nie. ‘n Vorm van federale autonomie (Kantonne) vir die Kaapprovinsie is blykbaar die doring in die vlees vir die sentrale regering. Internasionale bemiddeling, om die verlangde federale status aan die Kaap Provinsie toe te ken, blyk die aangewese oplossing vir ’n kanton tipe federale bestel moontlik te maak.

    Die gesag staat, en sosialistiese sentral beplanning, moes al lankal van die toneel verdwyn het. Hoe dit ook al sy, daar bly net een mededinger in Suid Afrika as ‘n ideologie van potensieél universele geldigheid naamlik die liberale demokrasie. By die onderhandelingen is dit immers tot vervelend toe beklemtoon partye is gebind aan die fundamentale uitgangspunt van die liberale demokrasie. Internasionale gebeure het ‘n gewisse invloed ook op die breë openbare mening uitgeoefen. Wat my egter verstom (verbyster) is dies Afrikaner wat sy politieke mag gedurende 1990 – 1996 aan die meerderheid oorgedra het. Leiers wat hulle sout werd is tree gewoonlik nie so op nie.

    Die einde van ‘n kwasi diktatorskap kan teweeg gebring word deur die noue interaksie tussen die mislukking van die ekonomiese stelsel, die aspirasies en vrese van etniese minderheden in die RSA. Dit is moontlik weens die indruk van etniese minderheden hulle sal nie instaat wees om die mag van die meederheid te weerstaan nie.

    België, wat in 1830 as eenheidstaat tot stand gekom het, het geleidelik in die rigting van al groter federalisme beweeg as gevolg van onverbiddelike etniese druk kragte. In 1970 is afskeid geneem van die Belgiese eenheidstaat. In 1993 het België ’n volwaardige federale bestel gekry bestaande uit drie geweste, drie gemeenskappe, ses regerings, ses parlemente en ongeveer veertig ministers. Wat het die Boere aangevang?
    Mat Heyns 12 Okt.

Leave a comment