ANC Regime Ontneem Bruinmense van Perlemoen Visregte Om Dit Aan Hul Onerfare Swart Kiesers te Gee

Die departement blyk egter vasbeslote te wees om volstoom met dié proses voort te gaan. Talle bruinmense sal hulle kwotas dus ten gunste van swartmense verloor. Dit volg nadat die departement, ten spyte van AfriForum se eis om die nuwe aansoekproses te staak, die aansoektydperk vir kleinskaalvissers met ’n maand verleng het.

AfriForum het in Desember 2015 die departement van landbou, bosbou en visserye versoek om die onregverdige aansoekproses stop te sit waarvolgens perlemoenkwotas eensydig aan nuwe “kleinskaalvissers” oorgedra gaan word.

Na aanleiding van ʼn skrywe aan die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, waarin AfriForum namens die vissersgemeenskap spesifieke eise aan die departement gerig het, en die departement  10 dae gegun is om op die eise te reageer, het Siphokazi  Ndudane, adjunkdirekteurgeneraal van visseryebestuur, op 24 Desember 2015 ’n brief aan Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, gerig. Ndudane noem in haar brief dat die minister nie beskikbaar is nie en dat sy nie tans in ’n posisie is om dié eise te bespreek nie. Ndudane het ook namens die departement onderneem om op die laatste teen 15 Januarie 2016 op AfriForum se eise aan die minister te reageer.

“Die departement het, ná verval van die gestelde sperdatum, verskeie e-posse en telefoonoproepe van my geïgnoreer. Aanvanklik is dit deur administratiewe persone aan my oorgedra dat me. Ndudane in Zanzibar is, waarna ek van bakboord na stuurboord gestuur is,” het Van Dalen gesê.

Van Dalen noem ook dat geen senior staatsamptenaar ooit beskikbaar is om met hom te kommunikeer nie en hoewel hy al verskeie boodskappe gelaat het, niemand hom tot op hede teruggeskakel het nie.

Ná gesprekvoering met verskeie rolspelers in die perlemoenindustrie, het dit aan die lig gekom dat die departement reeds deur twee senior advokate geadviseer is oor die korrekte prosedure om die industrie te reguleer, wat uiteraard op dowe ore geval het. Daar is wydverspreide ontevredenheid oor die wyse waarop die departement die aansoekproses bestuur, maar niemand wil optree nie uit vrees vir viktimisasie asook om nie SEB-vennote te ontstel nie. Tydens die 2013-aansoekproses is verskeie kwotahouers van hulle regte ontneem. Die saak word tans in die hof beveg, maar geen van die kwotahouers wat van hulle regte ontneem is, het hulle regte teruggekry nie. Daar is wel toestemming aan hulle verleen om hulle regte uit te oefen, hoewel geen waarborge aan hulle gegee is dat hulle lisensies wel toegeken sal word nie.

Die huidige perlemoenkwotas is reeds te klein om ʼn leefbare inkomste te verdien (229 kg – 334 kg). Volgens die aansoekproses kan die departement letterlik ná die sluiting daarvan op 11 Februarie 2016, onmiddellik kwotas toeken, sonder om eers na die huidige aansoeke te kyk. Daar is tans nagenoeg 300 vissersgemeenskappe langs die kus, met ʼn addisionele 10 000 kleinskaalvissers wat ook om kwotas aansoek doen.

Hierdie kleinskaalvissers, waarvan talle oor geen ervaring beskik nie, gaan kwotas ontvang ten koste van vissersgemeenskappe wat al jare lank ʼn inkomste uit die see verdien. Die departement het dit duidelik gestel dat hulle van plan is om die kwotas aan diesulkes toe te staan, en dat die bestaande kwotahouers dan die nuwe vissers moet oplei, en heel moontlik vir nuutgestigte koöperasies sal moet werk.

“Die wyse waarop die departement hierdie aansoekproses bestuur, is ʼn bewys dat hulle geensins van plan is om die bestaande kwotahouers in ag te neem met die toekenning van kwotas nie,” het Van Dalen bygevoeg.

Bogenoemde blyk niks minder as ʼn verkiesingsfoefie van die regering te wees om stemme te werf nie.

Mariska Batt

Spotprent-deur-Miranda-Kruger-DAFF-Small-scaley-small-731x517


 

See Also: Transformation, government puppets and cronies destroying traditional fishing, something even Apartheid never did.


 

 

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment